Aksie-Kanada

Aksie Kanada

Die ANC-regering het beswaar aangeteken teen die verlening van vlugtelingstatus aan 'n Witman van S.A. en 'n kanadese Federale hof hersien nou glo die beslissing.

Kom ons neem die geleentheid te baat en maak beswaar by die Kanadese regering se geswig voor die ANC se politieke druk. Ons is almal in besit van gegewens oor die moorde, verkragting en misdaad (dws die algehele disrispek vir lewe); die ontbinding van die kommando's wat die boere op die plase beskerm het; die vernietiging van Afrikaanse onderwysinrigtings; die ontsegging van beroepsgeleenthede en geleenthede om kontrakte te bekom tensy jou besigheid effektief aan swartes oorgemaak is; die aandele-afpersing deur swartes (sg. BEE); die voortdurende vernietigng van ons kultuurerfenis deur naamsveranderinge (altyd net Afrikaanse name wat verander word); die miskenning en onderdrukking van ons taal in howe en staatsdepartemente (die SAPD het glo nou weer opdrag gegee dat alle polisiewerk, insluitend afneem van verklarings, slegs in Engels mag geskied); die dreigemente en opstokery teen blankes deur swartes se slagspreuke en openbare uitsprake, insluitende Zuma se "bring my my masjiengeweer"-liedjie; statistiek oor blankes wat al geëmigreer het omdat ons ballinge in ons eie land geword het; ens.

Stuur vir hulle die gegewens en foto's van verminkte blankes, sodat hulle volumes getuienis sal hê om te oorweeg. Ons het ook almal familie en kennisse in die buiteland of databasisse met sulke name. Moedig hulle aan om ook hulle verhale van misdaad en veronregting aan die Kanadese regering te stuur sodat dit aan die Federale Hof voorgelê kan word. Dink net watter impak dit kan hê as daar duisende sulke getuienisse op die Kanadese hersieningshof begin reën!

Hierdie saak het nou internasionale aandag getrek, laat ons die geleentheid te baat neem om ons kant van die saak en die ANC se wanadminstrasie van die eens florerende Suid-Afrika onder die internasionale aandag te bring. Almal wat gereeld pleit dat ons moet "saamstaan": hier is nou 'n geleentheid om dit te doen. Ons het nie toegang tot die Internasionale Hof nie, maar hier is 'n geleentheid om die Kanadese hof as't ware nie-amptelik tot 'n soortgelyke vlak as 'n internasionale hofsaak te verhef. As ons die ding reg dryf, kan ons die ANC se diplomatieke beswaar op hul koppe omkeer sodat hulle mag uitvind dat dit hulle beswaar by die Kanadese regering 'n groot fout was.

Heronder verskyn die adresse waarheen dit gerig kan word:


High Commission of Canada to South Africa in Pretoria Address, Telephone, Fax, Email

Street Address
1103 Arcadia Street
(Corner Arcadia and Hilda Streets)
Hatfield, Pretoria, South Africa

Postal Address
High Commission of Canada
Private Bag X13
Hatfield, 0028, Pretoria, South Africa

Telephone: +27-12 422 3000
Fax: +27-12 422 3052
Email: pret@international.gc.ca

Followers

Contributors

Aantal besoekers